Local newsNews

Laerskool Bergland toets hul atletiekvernuf

Laerskool Bergland was onlangs 'n byenes van aktiwiteite toe die hele skool se leerders die kans gekry het om hulle atletiekvernuf te toets.

Die skool het hulle jaarlikse massa-atletiekbyeenkoms aangebied. Die voornemende jong atlete kon aan al die baan- en veld-items soos langafstande, kortafstande, verspring, hoogspring en gewigstoot deelneem.

Die doel van die byeenkoms was juis om potensiële sterre te identifiseer om solank voor te berei vir die komende atletiekseisoen teen die ander plaaslike laerskole.

Die tipiese Laeveld-hitte ten spyt, het die kinders hulself duidelik gate uit geniet. Dit was veral die langasems wat beïndruk het in die 800 m- en 1 200 m-items.

Jacques Fick.

LEES OOK: Mbombela se beroemde druktenk dodekaedron

Die atletiek was oor twee dele opgedeel, met die kortafstanditems die eerste dag en die veld- en langafstand-items die volgende dag.

Laerskool Bergland gaan aan ongeveer vier vriendskaplike byeenkomste, kwalifiserende byeenkomste en ook die Interlaer deelneem.

Die eerste Vrydag in Januarie 2020 skop af met ‘n top-agt-byeenkoms, waar slegs geïdentifiseerde atlete van die onderskeie skole teen mekaar deelneem.

Die doel is natuurlik om atlete die geleentheid te gee om deel te neem aan al die kwalifiserende byeenkomste en dan hopelik so ook Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te verteenwoordig.

Gideon van Rooyen.

LEES OOK: Nellies wat tegnologie bemeester kry eerste plek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button