Local newsNews

Mbombela se beroemde druktenk dodekaedron

Ons krap weer weekliks 'n bietjie in die verlede van ou Nelspruit. Hierdie is vier foto's wat oor tydperke geneem is van die ou oostelike dorps- en later stadsdeel, vanaf die sementwaterdruktenk teen die heuwels by Steiltes. 

Die ontwerp en die bou van die druktenk hier in die jare 70 was ‘n groot gebeurtenis en het ook ‘n nuwe woord aan die dorp en sy mense gebring: dodekaedron, wat die benaming vir ‘n twaalfkantige fatsoen is.

Vir jare was dit ‘n bekende betonstruktuur sigbaar op die heuwel bokant Ferreirastraat.

‘n Vroeë foto van die dodekaedervormige druktenk jare voor dit die eerste laag verf gekry het.

In 2010 toe die wêreldsokkerbekertoernooi in Suid-Afrika aangebied is met Mbombela as een van die gasheerstede, is daar besluit om die dodekaeder in die gees van die dag, soos ‘n sokkerbal te verf.

LEES OOK: Herinneringe van ‘n bakkery

Die terrein is ook na ‘n mooi park verander met ‘n uitsigpunt oor die stad. In die stadsmond het die plek en die struktuur gou as die sokkerbal bekendgestaan.

Oor die jare het dinge ‘n bietjie vervalle en verslete begin raak, en het die plaaslike toerismevereniging ingespring om die uitsigdek te herstel en die park weer mooi op te ruim.

Planne word ook nou beraam om die sokkerbal weer ‘n vars laag verf te gee.

Hierdie uitsigte vanaf die sokkerbal is amper 40 jaar na mekaar geneem. Hier kan ‘n mens sien hoe die wêreld onder in Ferreirastraat rondom die Elmadré-sakekompleks en die NG Kerk-Suid oor die jare verander het. Veral die plantegroei het toegeneem. Verder weg is daar ook heelwat nuwe hoë geboue wat in die middestad bygekom het.

LEES OOK: Nellies wat tegnologie bemeester kry eerste plek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button