Local newsNews

Kremetartbome in Onderberg

Grootste kremetartboom in 1957 op Plaas Bambinyati geplant deur Marie van Veijeren

MALALANE – Kremetartbome se natuurlike habitat is verder noord, tussen die Soutpansberge en die Limpopo – en natuurlik grens dit oor in Afrika heen. Tog, oor die afgelope jare, het daar vier mooi kremetarte hier in en om Malalane hulle groei gekry, natuurlik met menslike hulp.
Daar mag nog meer wees wat mense hier aangeplant het, en dit sou gaaf wees as ons lesers ons sou laat weet, en foto’s stuur na marius@lowveldmedia.co.za. Die bekendste hier by ons is natuurlik die een by die duikweg onderdeur die spoorlyn. Die boom van by die vier ton was reeds 29 jaar oud toe die stadsraad dit vir R10 000 gekoop het.

LEES OOK:Struggle-coal-anthracite-mine-continues 

Die dryfkrag agter die destydse verfraaiing van die dorp wat ook as die stasieprojek bekend gestaan het, was raadslid Phillip Nel. Hy het die hele verskuiwing van die boom vanaf Low’s Creek persoonlik meegemaak.
Die kans dat die oorplanting nie sou slaag nie was groot. Dit was nie sommer net ‘n geval van uithaal en oorplant nie. Daar is ‘n maand lank gegrawe om die wortels stelselmatig gewoond te maak aan die verplanting. Meeste takke moes ook afgesaag word om te verseker dat die boom se groeikrag na sy wortels gaan, het Nel destyds verduidelik.

Met die boom se aankoms in Malalane is allerhande toerusting en hysers gebruik om dit versigtig van die vragmotor te lig en staan te maak in ‘n goed voorbereide gat. Daarna is die boom verder met stutte staangemaak.’n Spesiale besproeiingstelsel is by die wortels aangebring en vandag staan die boom mooi en fier op sy plek.
Twee ander is by die sirkel voor die gebou wat later Absa gehuisves het, en die ander daar naby voor die burgersentrum. Hoe hulle hier gekom het en wie dit geplant het sou ons ook graag wou weet.

Die vierde, en gewis die grootste wat ons al hier kon opspoor, is op die Van Veijerenplaas net buite die dorp. Hierdie
een het Marie van Veijeren in 1957 maak groei van saad wat haar skoonpa uit die destydse Rhodesië, vandag Zimbabwe, saamgebring het.

Die kremetartboom behoort tot die familie Bombaceae en staan ook bekend as die “ondersteboboom”.
Die boom, wat inheems is in Suid-Afrika, Madagaskar en Australië, is bladwisselend met ‘n reusagtige, geswelde stam, dikwels in die vorm van ‘n bottel, met yl, gedraaide takke en handvormig, saamgestelde blare. Die lang, ovaalvormige vrugte ontwikkel uit groot, enkelvoudige blomme.

Die kremetartboom word sedert 1942 deur die wet beskerm. Die kremetartboom kom in die warm, dorre savannastreke van Afrika, van die Soedan tot in die Hoëveld, Madagaskar en Australië voor. Dit groei in sanderige en klipperige grond. Adansonia digitata, wat na die Franse wetenskaplike, Michel Adanson, vernoem is, kan tot 25 meter hoog word en ‘n deursnee van tot 16 meter bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button