Toe die inry nog groot skerm-vermaak was
Op 'n stadium was hier nie minder as twee inry-teaters aan die buitewyke van Nelspruit nie.
Een halfpad na Witrivier, waar die Penrynskool vandag is, en een uit op die Barbertonpad waar Banketstraat links uitdraai na die Sonheuwel-uitbreiding tussen die ou kommando, wat vandag die bloedbank is, en die Tshwane Universiteit.
Dié wat kan onthou sê die skerm was omtrent waar Jordaan- en Van der Waltstrate vandag bymekaar aansluit.
LEES OOK: Mbombela se beroemde druktenk dodekaedron
Hierdie een was die Laeveld Inry, en die een halfpad na Witrivier die Half Way Inry.
Die koms van televisie hier teen die middel van die jare sewentig het egter die dood van die inrykultuur beteken.
Teen die begin van die jare tagtig was daar landwyd weinig hiervan oor – ook rondom Nelspruit.
Hier is egter enkele foto’s om die ou herinneringe weer aan te wakker.
LEES OOK: Herinneringe van ‘n bakkery

