Local newsNews

Nelspruit Ma radeloos oor hoe om dogtertjie by die huis te kry

'n Nelspruitse ma wat haar kind aan die begin van die Maart-skoolvakansie na haar ouma en oupa in Empangeni toe gestuur het vir 'n lekker vakansie by die see, het nou al alles probeer om haar kind weer by die huis te kry.

Marjolein da Costa sê haar agtjarige dogtertjie, Genea, is baie lief vir haar ouma en oupa, maar verlang nou huis toe.

“Sy is al van 21 Maart af nie by die huis nie. Dis baie lank vir so ‘n klein dogtertjie. Sy gebruik skedule-ses medikasie en om haar medisyne betyds by haar te kry is ‘n baie groot bekommernis vir ons.”

“Een van die plaaslike apteke kon ons darem help om die medikasie met ‘n koerier te stuur, waarvoor ons baie dankbaar is,” sê sy.

LEES OOK: Tiener skenk selfgemaakte maskers aan Mediclinic

Marjolein sê as ‘n gesin ondersteun hulle die regering se inperkingsregulasies en wil nie iets doen wat onwetting is nie.

“Maar ons is moedeloos. Ons het al alles probeer.”

“Ons was by die Nelspruit-polisiestasie waar hulle ons nie kon help nie. Ons is toe na die Witrivier-polisiestasie, waar hulle vir ons gesê het hulle kan ook nie ‘n permit uitreik nie. Ons wil net ons dogtertjie by die huis hê.

LEES OOK: Skole bly innoverend tydens die koronavirus-grendelstaat

Sy het ons nodig en haar skoolwerk raak agter terwyl ons nie by haar is om haar te help nie.”

Genea se sussie Mika (18 maande) verlang vreeslik na haar sussie en roep heeltyd na haar.

“As iemand ons net kan help om ons kind by die huis te kry, sal ons so dankbaar wees. Ons wil graag die regte ding doen, maar niemand kan vir ons sê wat die regte ding is nie,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button