Local newsNews
Liggaam van vermiste man by Bourke’s Luck gevind
Die lyk van Kgomoto Phoku (36) is gister in 'n gesamentlike operasie tussen die SAPD se watervleuel, die ORRU-reddingsorganisasie en Divergent Ops by die Bourke's Luck-kolkgate naby Blyderivier Canyon uitgehaal.

Phoku is op 5 September by die Dientje-polisiestasie as vermis aangemeld. Volgens brig. Leonard Hlathi, die polisie se provinsiale woordvoerder, het Phoku verdrink. ‘n Nadoodse ondersoek sal nog gedoen word. Phoku was afkomstig van Hlabekisa in Dientjie.



Foto’s deur Divergent Ops
LEES OOK: Care Buddies gee steeds om vir die Laeveld se bejaardes
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
