Local newsNews

Plaaslike pastoor lei gebedsaksie vir vreedsaamheid

Dit val weer saam met ‘n massa-rit wat vanaf die Builders Warehouse Zambezi vertrek en dan tot by die Uniegebou ry, het past. TJ Maré gesê.

TJ Maré, ‘n plaaslike pastoor sal Satedag ’n gebedsaksie by die Uniegebou in Pretoria lei.

Die doel is bewusmaking, maar hy voeg by dat dit weer oor plaasmoorde en aanvalle handel, wat hy as uiters belangrik ag.

“Die groot doel is om saam te bid vir die boere en teen plaasmoorde en -aanvalle. Ons wil ook bid teen korrupsie en vir ’n regering wat in God glo, die enigste lewende God, sodat hulle daardeur gelei sal word.”

Hierdie verrigtinge vind vanaf 10:00 tot 12:00 plaas.

LEES OOK: Construction to commence between Mozambique’s Moamba Interchange and Matola

“Ons gaan dan ook bid, laastens, vir die hofverrigtinge wat volgende Vrydag in die Vrystaat plaasvind rondom die jongman, Brendin Horner, wat vermoor is.

“Ons gaan bid dat daar vrede sal wees by die byeenkoms en dat God se teenwoordigheid daar sal wees om almal kalm te hou. Dit wat nie van Hom af is nie gaan ons afsny in die naam van die Here sodat ons almal geduldig sal wees; sodat ons almal rustig sal wees.

“Daar is ’n groep motorfietsryers wat soontoe gaan en ek weet daar is ook boere wat spesifiek na Senekal toe gaan.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button