Local newsNews

Geniet Appel by die Boere-opskop

Stof af jou skoffelskoene en geniet Appel by die Boere-opskop by Greenway Woods op 17 Oktober.

Appel (gebore Christoph Kotzé) het homself stewig gevestig in die Suid-Afrikaanse musiek-industrie oor die afgelope 11 jaar.

Hy is nie net ‘n populêre musikant en sanger nie, maar is ook verantwoordelik vir van die grootste treffers in Afrikaanse musiekgeskiedenis. Van hierdie liedjies sluit in Theuns Jordaan se “Sal Jy Bly”, Karlien van Jaarsveld se “Hande”, en “Superhero” van Eden.

Sy debuut-album, Lei My Na Die Water, is in 2017 vrygestel en was ‘n groot sukses.

LEES OOK: Craft-drankies, brandrissies en Laeveld-uitsigte

“Boer Loop Deur My Are” van sy tweede album wat in 2018 vrygestel is, was op die Maroela Media Top-20 en was ook nommer 1 op verskeie radiostasies. Sy nuutste album, Patriot, het 13 oorspronklike snitte wat sy Afrikaner kultuur uitbeeld.

Die hekke open 18:00 en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies is te koop teen R100 vir skoolkinders, R150 vir volwassenes en voorskoolse kinders is gratis.

Daar sal kos te koop wees, asook ‘n kontantkroeg. Maak seker om jou stoele en komberse te bring om die vertoning te geniet. Bespreek jou kaartjies by Maryna by 082-430-4721 of bel die Itokwe-kantore by 082-447-1563.

SIEN OOK: Mnr. en Mej. Bergvlam gekroon tydens glansgeleentheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button