Local newsNews

Eerste verskyning vir twee verdagtes in die Gerrit Stander-moordsaak

Die twee mans is op 22 Oktober in KaBokweni in hegtenis geneem.

Twee verdagtes het vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn in verband met die moord op Gerrit Stander, ’n plaaslike prokureur.

Stander en sy gesin is op 19 Oktober op sy kleinhoewe in die Plaston-area aangeval. Gerrit is drie keer raakgeskiet. Hy is in die hospitaal aan sy beserings oorlede. Sy vrou en kind is nie tydens die aanval beseer nie.

LEES OOK: Gerrit Stander died a hero

Die verdagtes in die saak word aangekla van roof met verswarende omstandighede en moord.

‘n Groep mense was daar ter ondersteuning van die familie.

LEES OOK: Two suspects arrested for murder of White River Attorney

Albei die mans gaan om borgtog aansoek doen, wat die staat sal teenstaan as gevolg van die buitengewone omstandighede van die saak.

Hulle verskyn op 2 November weer in die Witrivier-landdroshof vir formele borgaansoeke.

In die hof het albei verdagtes ook beweer dat hulle in die selle fisies aangerand is. Hulle bly egter in aanhouding tot hul volgende verskyning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button