Local newsNews

Barberton gemeenskap staan saam teen plaasmoorde

Minnaar het gekla oor die gebrek aan ondersteuning vir boere en arbeiders - wit en swart - wat daartoe gelei het dat plase 'n sagte teiken vir misdadige elemente geword het.

Sedert die onlangse moord op ‘n jong boer van Senekal in die Vrystaat het baie gemeenskappe hulle stemme laat hoor oor die stand van landelike veiligheid in Suid-Afrika.

Optogte is landswyd gereël om die regering se aandag te vestig op die gevare waarmee boere elke dag te kampe het.

Annerine Snyders, Annelize Snyders, Carla Smith en Rosemary Clarke.

LEES OOK: Cyzelle Fincham: ‘Ek kon die hemel sien’

‘n Optog is ook in Barberton gereël en ondersteuners het Sondag om 10:30 by die rugbyklub in Presidentstraat bymekaar gekom.

Die optog is georganiseer deur Dillon Botha, Barend Carstens en DA-raadslid Phillip Minnaar, en het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Hi-Tech, Barberton-buurtwag en die plaaslike verkeersafdeling plaas gevind.

Marilana, Gideon, Elmarie en Gideon Nell.

LEES OOK: Eerste verskyning vir twee verdagtes in die Gerrit Stander-moordsaak

Die straat het gewemel van mense wat die inisiatief ter nagedagtenis aan Deon de Bruyn, wat twee jaar gelede tydens ‘n plaasaanval op Komatipoort doodgeskiet is, ondersteun het.

Die konvooi van trekkers, bakkies en motors met De Bruyn se foto en kruise geborduur met die woorde “Stop plaasaanvalle” is by die polisiestasie verby voordat amal Shebaweg om is na die bekende Daisy Kopje-padstal op die R38. Hier is die kruis in die grond geplant.

Carla Smith.

LEES OOK: Pumas en Stormers maak hulle spanne vir Vrydagaand se kragmeting in Mbombela bekend

Na Botha en Carstens die skare bedank het vir hul ondersteuning, is Minnaar aan die woord gestel.

“Ons staan in dankbaarheid, maar ook met bekommerde harte.

“Misdaad het oorgeneem en ons vra die regering en die staatspresident om plaasaanvalle as ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar,” het hy gesê.

Phillip Minnaar.

LEES OOK: Komatipoort Voories triomfeer oor hoogste punt in die Krokodilpoort

Minnaar het gekla oor die gebrek aan ondersteuning vir boere en arbeiders – wit en swart – wat daartoe gelei het dat plase ‘n sagte teiken vir misdadige elemente geword het.

“Om ‘n boer te wees is vinnig besig om ‘n baie gevaarlike beroep te word. Soveel jong boere en arbeiders word daagliks geteister en vermoor op hul plase.

Marcell Steyn en Dillon Botha.

LEES OOK: Plaaslike prokureur dood na aanval op kleinhoewe naby Witrivier

“Dis nie net op ons dorp nie, maar landwyd. En dit terwyl daar ‘n landelike veiligheidspan is wat net moet begin werk,” het hy gesê.

Hy het die regering gesmeek om geld en mannekrag beskikbaar te stel om boere op hul plase te beskerm.

LEES OOK: Gratis oogoperasie bloot ‘n wonderwerk vir jong vrou in Mbombela

Pastoor Louis Scheepers het ‘n skriflesing gedoen en gepraat oor die belangrike betekenis van die kruis by die byeenkoms.

“Ons het die son en die hitte trotseer om vandag hier te kan wees. Hierdie kruis laat my terugdink aan die vorige keer toe ‘n kruis ‘n betekenis gehad het.

Graeme Louw.

LEES OOK: IN FOTO’S: Bugzy en Canary besoek Laerskool Bergland

“As dit nie vir die kruis van Christus was nie, beteken hierdie kruis niks nie. Ons voorvaders het met die Bybel onder die arm oor hierdie berge gereis en ons moet dieselfde doen sodat ons stemme weer gehoor kan word in ‘n verlate land,” het Scheepers gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button