Gerrit Stander se lewe, gevul met passie en avontuur, herdenk
Stander, onder sy familie en vriende bekend as Gerrie, se begrafnis was uit en uit 'n viering en sover moontlik 'n vreugdevolle herdenking van sy lewe.

Aan die begin van die verrigtinge by die NG Gemeente Suid het Gerrie se oudste broer, MC, gevra dat die moord op sy broer nie in ‘n politiese kwessie ontaard nie.
“Die Here het dié lief wat dit aan ons gedoen het. Ons is ‘n familie van liefde en vra dat almal dit respekteer. Al wat ons wil hê is dat daar nie nog ‘n vrou sonder haar man moet wees nie; nie nog ‘n dogtertjie sonder haar pa nie,” het MC gesê.
ALSO READ: Kruger employees in court after found with rhino horns
Verder het hy vertel hoe dankbaar hulle is vir die ongelooflike ondersteuning wat hulle tot dusver vanuit alle oorde ontvang het. Vandaar het MC weggeval met storie op storie van hulle Gerrie, nie net as kind nie, maar as ondersteunende volwassene.

“Van hulle is maar wilde stories, maar anders is dit net nie Gerrie nie,” het hy gespot. Hy het vertel hoe hulle kleintyd sou speel terwyl hul ouers op ‘n Sondagmiddag slaap.
Dán sal die ongelukke ook mos gebeur. Iemand het ‘n “guava” op die oog gekry en om dié se trane op te droog, het Gerrie sy sussie se Tinkerbell-bril gaan haal en boetie laat glo dit is “magic”. En siedaar, toe stop die trane.

Gerrie was glo altyd vol jakkalsstreke. Van Rice Crispies oor iemand se kop uitgooi, tot iemand voor ‘n motorfiets inspan.
ALSO READ: Accused in Komatipoort farm murder to appear in High Court on November 12
Selfs toe dié twee in ‘n stadium ‘n restaurant besit het, het Gerrie ‘n moeilike kliënt bederf deur die kersies wat op die koek sou kom, eers te suig en toe weer terug te sit. Daarna het hy heel vroom by die tafel gevra of hulle die koek geniet het, vertel MC.

Wat die lewe sonder Gerrie se vrou, Yolandi sou wees, kon hy ook nie sê nie.Yolandi het haar man beskryf as haar beste vriend en partner in crime, en ook die beste pappa in die wêreld.
Mense wat hulle nie eens ken nie het boodskappe gestuur ná sy dood. Dié het nie net getuig van sy werksetiek nie, maar van die ongelooflike rol wat hy in mense se lewens gespeel het.
ALSO READ: Foreign tourists are not expected back soon
Een boodskap lees: “Your brother was not only my lawyer, he was a true friend.”
Oor en oor het die stories gespreek tot die rol as held wat hy in veral sy familie se lewens vertolk het.

“Sy lewe lank het hy vir almal baklei. Hy was ‘n held tot op die laaste aand wat hy baklei het vir die lewe van sy dogtertjie en sy vrou.
“Gerrie, dankie dat jy so braaf was en dat jy hulle beskerm het. Daar is niks wat jou kan terugbring nie, maar ons gaan baie na jou verlang.”

MC het afgesluit met ‘n aanhaling wat Gerrie gesê het hy eendag sal gebruik as hy beroemd is.
ALSO READ: Stonehenge murder accused in court again
“As ek almal sien, en die uitwerking wat jy op almal se lewens gehad het… Ek gaan die aanhaling namens jou gebruik.”
Dis een van Koos du Plessis wat sê: “Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen.”

Die twee mans aangekla van Stander se moord het op 26 Oktober vir die eerste keer in die Witrivier-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding en verskyn weer op 2 November in dieselfde hof vir ’n aansoek om brogtog.
