Laevelders dra ook by tot AfriForum se Boks vir ‘n Boer-projek
Ongeveer 10 ton bokse is versend na AfriForum se hoofkantoor, waarvandaan dit na die brandgeteisterde Vrystaat gestuur gaan word.

Verwoestende brande het op plase in die Vrystaat uitgebreek en minstens 100 000 ha se weiding afgebrand.
Om hierdie rede het AfriForum sy Boks vir ‘n Boer-projek geloods en Solidariteit Helpende Hand het ook bygedra. Vanaf dorpe soos, onder andere, Newcastle, Witbank, Mbombela en Ballito is daar skenkings gemaak.
“Hiermee bedank ons streek elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het. Ons waardeer elke item wat noukeurig in die bokse geplaas is – die liefde waarmee elkeen geseël en versend is, en ook die bemoedigende boodskappe!” sê Melissa Nel, assistentstreeksorganiseerder van Mpumalanga en KwaZulu-Natal Noord.
“Ook bedank ons elkeen vir hul oop harte en dat ons hiermee ‘n verskil kan maak. Weer eens besef ons dat die krag van die gemeenskap werklik merkwaardig is!”
Ondersteun ook Helpende Hand se #Projek40 waarin AfriForum poog om 40 trokke se voer af te stuur na die Vrystaat, asook om aan 40 studente die geleentheid te bied om verder te kan studeer.
Maak ‘n skenking (minimum R50) en dra so by om ‘n lewe te verryk.
LEES OOK: Nou gaan Laevelders éérs lekker kan skoffel by Mustangs
