Local newsNews

Yorkie waarsku inwoners oor twee-meter mamba in leefvertrek

Anneke Van Schoor kan op 079-931-8744 gekontak word indien “ongenooide gaste” opdaag.

As dit nie vir ‘n parmantige klein Yorkie, Lexi, was nie, was die bewoners van ‘n Steiltes-kompleks dalk steeds salig
onbewus van die onwelkome gas wat agter hul muureenheid geskuil het.

Lexi, wat skaars ‘n baksteen hoog staan, is eintlik die buurman Joe Slater se hondekind, maar kuier gereeld by haar maatjie, Flopsie, wat aan Shayn Peters en Karen Thorpe behoort.

Volgens Peters het hulle verlede Woensdag in die leefvertrek gesit toe Lexi aan die blaf gaan en voor die muureenheid gaan staan het. Sy het gaan kyk of sy iets kan wys word
toe sy ‘n stert sien.

LEES OOK: Joubert en Seuns-boer herstel goed na ernstige ongeluk

Vir ‘n oomblik het sy gedink dit kon dalk ‘n kat wees, maar toe sy ‘n lig skyn, het sy gou besef dat dit ‘n slang is en gedink dat dit moontlik ‘n luislang was. Lexi en Flopsie is in ‘n kamer toegemaak en Peters het vir Anneke van Schoor, ‘n plaaslike slangvanger geskakel.

Hulle was onvoorbereid op wat gewag het en Van Schoor se senuwees was behoorlik op hol.

“Ek het met groot versigtigheid op my maag gelê om beter te kan sien,” het sy gesê. Dit was ‘n benoude oomblik toe sy ‘n mamba direk in die oë kyk.

Andrew Geldenhuys met die tweemeter-lange mamba.

LEES OOK: Onderneem ‘n Kersfees-reis saam met plaaslike musieksterre

“Ek het op my maag gelê onder die TV-kas en die slang was omtrent so 30 cm weg van my gesig. Ek het dadelik opgespring en vir Andrew Geldenhuys gebel om te kom hulp verleen,” vertel sy.

Hy het ingespring en ‘n tweemeter-lange mamba agter die kas uitgehaal. Van Schoor was verlig dat sy nie gepik was nie. Sy het ook bygevoeg dat die potensiële dodelike situasie positief geëindig het toe hulle die slang na Lowveld
Venom Suppliers in Hazyview kon neem om vir teengif gemelk te word, en dalk in die toekoms talle lewens te red.

Sy het ook ‘n paar nuttige wenke verskaf oor hoe om te reageer indien jy ‘n slang in of om jou eiendom kry.

LEES OOK: Laevelders dra ook by tot AfriForum se Boks vir ‘n Boer-projek

“Eerstens moet mense kalm bly en nie probeer om die slang aan te val nie, want dit maak hulle baie aggressief. As jy self nie die slang kan verwyder nie, skakel Mpumalanga Reptile Recovery om dit te doen.

“Hou ‘n afstand van minstens 3 m tussen jou en die slang en hou ten alle tye jou oë op dit om seker te maak dat jy weet waar dit is. Om die slang te kalmeer, sal dit ook help om ‘n handdoek oor dit te gooi, aangesien hulle glad nie gesien wil
wees nie.”

Van Schoor kan op 079-931-8744 gekontak word indien “ongenooide gaste” opdaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button