Local newsNews
KYK: ‘n Man met ‘n plan kry Nelspruiters betyds by die werk
As ‘n verkeersknoop dreig om die Blou Maandag nog blouer te maak het jy ‘n keuse: jy kan óf jou humeur verloor, óf jy kan uit jou kar klim en iets daaraan doen.
En dit is presies wat ‘n inwoner van Mbombela vanoggend gedoen het toe die verkeer op die hoek van die R37 en R40 teen slakkepas beweeg het en verkeersbeamptes nêrens te sien was nie.
Hein Venter, wat by West Vaal in Riverside-park werk, het vir ons die foto’s en video’s gestuur. Hy sê die informele verkeersbeampte was vol energie en het omstanders behoorlik vermaak totdat ‘n verkeersbeampte – die keer ‘n regte een – hom kom aflos het.
LEES OOK: Oud-Pumas kaptein druk ‘n drie vir die jeug
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
