FOTO’S: Laevelders geniet die samesyn by verskeie boeremarkte
Die naweek was propvol vermaak en 'n bewys van plaaslike inwoners se vermoë om 'n heerlike tyd saam te spandeer, ten spyte van die skroeiende hitte.

Laevelders uit alle dele van die samelewing het die brandende hitte trotseer om ondersteuning te bied aan die talle boeremarkte wat verlede naweek gehou is.
Wat dit vir plaaslike inwoners maklik gemaak het, is dat die verskeie markte direk langs die R40 plaasgevind het. Dit het beslis ‘n gerief bygevoeg vir families wat op soek was na ‘n dag van vermaak en vrolikheid.
Die ideale Saterdag sou wees om by die Sonpark Boeremark ‘n draai saam met die gesin te maak. Hier was daar talle stalle met ‘n groot verskeidenheid eetgoed en tuisgemaakte goedere en lekkernye te aanskou.

LEES OOK: Gielie Grapgat laat mense lag selfs al is tye donker
Daarna kon jy ‘n draai ry in die rigting van Barberton net voor die pas. Net langs Chimp Eden, het Pro-Life Pet Rescue and Rehabilitation Centre hul negende verjaarsdag gevier.
Die verrigtinge is om 09:00 afgeskop en die organisasie het ‘n volle program aan diereliefhebbers gebied. Dit het gewissel van joga in die hondepark, tot ‘n prettige draf en ‘n lewendige musiekuitvoering.

LEES OOK: KYK: ‘n Man met ‘n plan kry Nelspruiters betyds by die werk
Omtrent 20 minute se reis verder op die Barberton-pad was daar ook ‘n boeremark aan die gang by die befaamde Jock of the Bushveld Boskombuis.
Die gewilde musiekgroep en boereorkes, Die Laevelders, het gaste behoorlik aan die dans gekry met opwindende optredes,
Daar was meer as genoeg speelplek vir die kleinspan, wat lekker egte boerepannekoek, kleurvolle spookasem, beskuit, braaivleis en bevrore sap geniet het terwyl die ouers lekker gekuier het.

LEES OOK: IN FOTO’S: 2020 Rooikat Gholfdag weer een vir die boeke
Die naweek was propvol vermaak en ‘n bewys van plaaslike inwoners se vermoë om ‘n heerlike tyd saam te spandeer, ten spyte van die skroeiende hitte.






























