Dans- en drama-produksie vier die seisoene van die lewe
Den Ateljee, Gemz Dance Academy en Wees Lig Akrobaatstudio is bymekaar gebring deur Melissa du Preez om die produksie op die planke te bring.

Dit is selde dat ‘n kuns-en-drama-, ‘n ballet- en ‘n akrobaatstudio saamwerk om ‘n produksie aan te bied. Met Vier Seisoene is dit presies wat gebeur het.
Den Ateljee, Gemz Dance Academy en Wees Lig Akrobaatstudio is bymekaar gebring deur Melissa du Preez om die produksie op die planke te bring.
Vier Seisoene is onlangs by Communio Kerk ten toon gestel en het die verskillende seisoene van die lewe uitgebeeld.
Die opvoerings het verskeie kere hoendervleis en applous in die gehoor laat ontstaan met die indrukwekkende choreografie en toneelspel… Nie eens gepraat van die unieke en asemrowende kostuums nie.
LEES OOK: Kunstenaars bring hedendaagse Kersverhaal op die planke
“Nie net het die opvoering die gehoor vermaak nie, maar die boodskap was duidelik dat ‘n mens elke seisoen in die lewe nodig het. As daar nie winter is nie, dan kan daar nie lente wees nie,” vertel die Vier Seisoene-span.
“Net soos die aarde elke seisoen ervaar, so het ‘n mens se eie lewenssiklus ook seisoene. “God sal ons deur elkeen lei. Elkeen is mooi en gun ons die geleentheid om verandering te aanvaar, van ons ou maniere ontslae te raak en om in ons gees vernuwe te word.
“Ons kan 2020 afsluit en 2021 binnegaan met die wete dat daar ‘n seisoen vir alles is en ‘n tyd vir elke begeerte onder die son; ‘n tyd om te plant en om uit te ruk; ‘n tyd om af te breek en om op te bou; ‘n tyd om te huil en om te lag; ‘n tyd om te treur en om te dans; ‘n tyd om vas te maak en om los te maak; ‘n tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat. God maak alles mooi in Sy tyd.”
Kyk na van die fotos van die aand wat deur Elma Photography geneem is:

LEES OOK: Luilekker Sondag by The Blue Gate
