Gebede gevra vir pastoor in intensiewe sorgeenheid
Pastoor Louis Jordaan van die Vollies Familie Kerk in Mbombela is tans weens Covid-19 in Mediclinic Nelspruit se intensiewe sorgeenheid.

Jordaan (62) is op 4 Desember gediagnoseer met Covid-19 en is ongeveer ’n week daarna in die intensiewe sorgeenheid by Mediclinic Nelspruit opgeneem. Die pastoor is ook ’n diabeet.
Assistent pastoor by dieselfde gemeente, Jean Maritz, het namens Jordaan se vrou, Bridget, met Laevelder gepraat.
Hy het gesê Jordaan is nou al vir 23 dae in die intensiewe sorgeenheid. Hy is ook op ’n longmasjien.
“Dit gaan maar op en af met hom. Op die oomblik is hy bestendig en hulle vertrou dat hy mooi sal aansterk.”
Die Volle Evangelie Kerk (VEK) Mpumalanga Streek het gevra dat daar vir die pastoor gebid word gedurende hierdie tyd. Op die Facebook-blad VEK Mpumalanga Streek word daar inligting gedeel oor Jordaan se welstand.
LEES OOK: Inmate escapes from Nelspruit Correctional Services
Die nuutste plasing lees: “Pastoor Louis Jordaan lyk vandag beter as die vorige paar dae, en ons eer die Here wat ons gebede hoor!”
Die Vollies Familie Kerk het onlangs begin dienste hou by die ou Nou’s Toeka wat nou aan die kerk behoort.
