EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Laat jou stem gehoor word met hierdie unieke talentsoektog

Hierdie ongelooflike talentsoektog se konsep is ‘n eerste vir Suid-Afrika en die wêreld, en word alles gedoen deur middel van ‘n slimfoontoepassing.

Wou jy nog altyd plaaslik en wêreldwyd in die kalklig wees? Nou is dit jou kans!

LimeLight Celebrity Profile Label bied ‘n stemtalentsoektog aan.

Met 22 miljoen slimfoongebruikers in Suid-Afrika en 3,5 biljoen wêreldwyd, vind hierdie kompetisie op ‘n slimfoontoepassing plaas en sal slegs die top 10 by ‘n finale lewendige geleentheid in Kaapstad optree.

Dit is so eenvoudig soos dit. Koop die toepassing op jou slimfoon, registreer, skryf in en stem!

Alles is maklik en kan letterlik uit die gemak van jou eie huis gedoen word. Dus hoef jy nêrens heen te vlieg, in rye te staan en voor ongeskikste beoordelaars op te tree nie!

Dié eerste talentkompetisie op slimfone vind werklik uitsluitlik plaas deur middel van die toepassing waarop jy inskryf en stem vir jou gunsteling.

Hierdie oorspronklike talentkompetisie beoog om nuwe liedjieskrywers en oorspronklike vokale kunstenaars te ontgin.

LEES OOK: Gebede gevra vir pastoor in intensiewe sorgeenheid

Die inskrywings is vir Suid-Afrikaanse tieners van 13 tot 18. Die wêreldwye soektog aanvaar inskrywings van ouderdomme 13 en ouer.

Jou inskrywing moet bestaan uit ‘n oorspronklike liedjie en ander kunstenaars se liedjies mag nie gedek word nie.

Aktiverings by Suid-Afrikaanse skole word beplan, en beide die Suid-Afrikaanse en wêreldwye finale sal in Kaapstad tydens glansgeleenthede plaasvind.

Inskrywings vir die Suid-Afrikaanse been het op 1 Januarie geopen en die wêreldwye been word op 1 Maart oopgestel.

Belangstellendes kan registreer by www.limelightww.com.

Groot pryse is op die spel, onder andere ‘n kontrak van LimeLight Celebrity Profile Label.

Vir meer inligting, kontak Rex by rex@limelightww.com of 071-600-8800.

LEES OOK: Kyk uit vir dié top 10 misdaadtendense

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button