Local newsNews

Vrou ontsnap inbrekers en ontbied nooddienste

'n Inwoner van Brondal het verlede Donderdagaand 'n noue ontkoming met twee onbekende verdagtes gehad wat by haar huis ingebreek het. 

Volgens AfriForum Witrivier het die voorval teen ongeveer 21:00 plaasgevind. Een van die verdagtes het na bewering deur die dak geklim en die huis binnegedring, terwyl ‘n tweede verdagte die vrou bygedam het.

Die twee het haar oorrompel en vasgebind. 

LEES OOK: Uit die hart van ‘n goeie vriend

Volgens AfriForum Witrivier se takvoorsitter, Joe Pelser, kon die vrou daarin slaag om te ontsnap en het sy haar radio betyds bereik.

“Die dame kon betyds by haar radio uitkom om ‘n noodwaarskuwing uit te stuur,” het Pelser vertel. ER24, die polisie en J&M Sekuriteit is na die toneel ontplooi om bystand te lewer.

Sy het ligte beserings opgedoen en die vermeende huisrowers het die toneel gevlug met juwele, ‘n TV-skerm en ‘n aantal ander besittings.

LEES OOK: Laeveldse pionier sterf maand voor 100ste verjaardag

Daar word berig dat die verdagtes glo na die nabygeleë plantasies gevlug het. ‘n Soektog is deur die polisie en J&M Sekuriteit gehef sonder enige inhegtenisnemings tot dusver. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button