Local newsNews

KYK: Pastoor na 47 dae uit Mediclinic ontslaan

Past. Louis Jordaan van die Vollies Familie Kerk herstel tans van Covid-19.

Past. Louis Jordaan van die Vollies Familie Kerk is vanmiddag na 47 dae uit die hospitaal ontslaan.

Die kerk se gemeentelede het hom met vreugde, vlae en balonne buite verwelkom.

Hy is vanaf Mediclinic Nelspruit met ’n ambulans na M-Care Nelspruit vervoer, waar hy verder sal aansterk en ook fisioterapie ontvang.

LEES OOK: Gebede gevra vir pastoor in intensiewe sorgeenheid

Jordaan (62) is op 4 Desember met Covid-19 gediagnoseer en is ongeveer ’n week daarna in die intensiewesorgeenheid by Mediclinic opgeneem.

Sy vrou, Bridget, het die hospitaalpersoneel en kerk se gemeentelede bedank vir die ongelooflike ondersteuning wat sy die afgelope tyd ontvang het, en gesê dat alle eer na God gaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button