Local newsNews

Vyfjarige seun toets positief vir Covid-19

'n Plaaslike vyfjarige seuntjie is verlede week positief getoets vir Covid-19 nadat hy gekla het van hoofpyn.

Driekus se ma, Carien Craig, sê hulle het eers vermoed dat dit middeloorontsteking was. Sy het hom dokter toe geneem en hy is gediagnoseer met ‘n moontlike lugweginfeksie.

Alhoewel die toets so effens troumaties kan wees vir kinders, het Craig besluit om Driekus tóg te laat toets vir Covid-19.

“Die dag ná die besoek aan die dokter het Driekus sommer glad nie lekker gevoel nie. Hy het begin opgooi en was baie pap.”

Die uitslag van sy Covid-toets het ook gekom – dit was positief. Nadat hulle die nuus ontvang het, het Craig vinnig vir Driekus die regte medisyne begin gee.

“Hy het sommer die volgende dag al begin beter voel; ‘n mens sou nie eens sê dat hy siek was nie,” sê sy.

LEES OOK: Uit die hart van ‘n goeie vriend

Volgens die sentrum vir siektebeheer en -voorkoming is daar minder positiewe gevalle van Covid-19 by kinders onder die ouderdom van 18.

Die gevalle is ook gewoonlik minder ernstig, tensy daar onderliggende gesondheidsprobleme is. Dr. Carike Camphor van Elan Health in Mbombela sê dit lyk vir haar ook asof daar minder positiewe gevalle onder kinders is.

“By ons praktyk was daar nog nie baie nie, maar dié wat wel positief getoets het, is gevalle waar die hele gesin ook wel positief getoets het,” sê sy.

“Daar is ook baie min kinders waarvan ons weet wat in die hospitaal opgeneem word. Dié wat wel opgeneem word, word gewoonlik opgeneem vir ander siektes soos gastroënteritis, en word dan voor opname getoets vir Covid-19. As die toetse positief is, word die kind dienooreenkomstig behandel.”

LEES OOK: Laeveldse pionier sterf maand voor 100ste verjaardag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button