EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Dié knapie verskyn eersdaags op die kassie

'n Plaaslike 12-jarige het die kans om sy teaterstuk op nasionale televisie te laat verskyn met albei hande aangegryp.

Enrique Grobler is deel van Speeltoneel, ‘n projek geloods deur ABS Produksies en verskeie bekende akteurs om nuwelinge die geleentheid te bied om by ‘n opleidingsprogram van 12 maande aan te sluit.

Enrique het reeds vanaf 1 Junie saam met Desiré Gardner, Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar begin werk en word via aanlynlesse deur die bekende akteurs afgerig.

LEES OOK: Vrou ontsnap inbrekers en ontbied nooddienste

Elke student moes eers ‘n virtuele oudisie ingestuur het voor hulle goedgekeur is.

Enrique het een van sy monoloë ingestuur.

“Speeltoneel bied vir hom die geleentheid om bekende kykNET-akteurs te ontmoet en saam met hulle te werk met sy godgegewe talente. Hy het ‘n rol in ‘n film gekry en gaan die kans kry om in die teater ook te werk. Ons as ouers is trots op hom en sal hom aanmoedig, ondersteun en inspireer,” sê sy ma, Yolindi.

Die teaterstukke sal dan later vanjaar op VIA (DStv-kanaal 147) en kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai word.

LEES OOK: Uit die hart van ‘n goeie vriend

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button