Local newsNews

AfriForum-buurtwagte verleen hulp tydens swaar reën

Buurtwaglede het ingespring en noodplanne in werking gestel om inwoners te beskerm en te verseker dat motoriste veilig op die paaie kon reis.

AfriForum se Laeveld-buurtwagte het nie op 24 Januarie teruggestaan toe die tropiese sikloon Eloise groot hoeveelhede reën in die area laat uitsak het nie.

In Witrivier het lede verskeie bome wat omgewaai en paaie versper het, opgesaag en verwyder. Die buurtwaglede het ook by verskeie ongelukke ondersteuning gebied en voertuie uitgesleep wat vasgeval het waar water die paaie oorstroom het.

In Mbombela het die AfriForum-buurtwaglede spoedig saam met die lede van Nelspruit Concerned Citizens ingespring om bome wat paaie versper het, op te saag.

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het dreineringslote oopgegrawe om die water wat op hoofroetes opgedam het, te dreineer.

“AfriForum se buurtwagte het noodplanne opgestel vir verskeie voorvalle en misdade. Tydens gebeurtenisse soos hierdie word dié planne in werking gestel om in samewerking met die nooddienste, mense te help,” het Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke. SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

LEES OOK: Dié knapie verskyn eersdaags op die kassie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button