Local newsNews

Nellies-leerder behaal tweede plek in nasionale kompetisie vir visuele kunste

Cameron de Jager (gr. 11) het met haar kunswerk, "Immersion in the Ocean of Tranquillity", 'n algehele tweede plek in die kompetisie wat op 1 Mei by die Premier Hotel in Kemptonpark plaasgevind het, behaal.

“Ek was baie lanklaas by die see en wou iets skilder wat my herinner aan die rustigheid wat die golwe bring,” het Cameron gesê.

“Dit kontrasteer teen die houtskool; dit toon die verskil teenoor wat sy voel en die rustigheid van die golf wat haar bedek.”

Cameron de Jager en haar kunswerk, ‘Immersion in the Ocean of Tranquillity’. Foto: Mieke Mostert

Cameron is al agt jaar ‘n student aan die HCN ART Studio en is een van 10 studente van die kunsskool wat deelgeneem het.

“Cameron hou daarvan om haar eie idees uit te beeld. Sy is altyd oorspronklik en sy is nie bang om te eksperimenteer nie,” het Hilke Nel, Cameron se kunsonderwyser, aan Laevelder gesê.

“Sy is baie lief vir skilder en sy is passievol oor haar werk,” het Nel gesê. 

LEES OOK: Drie Nellies in finale van toneelspelkompetisie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button