Local newsNews

Elsabé Malan: ‘n Kunstenaar in eie reg

Die Mbombela-boorling, wat al vir langer as 'n dekade skilder, put inspirasie uit die omgewing rondom haar.

“Ek is versot op kleur en teksture,” sê Malan. “Daar is soveel mooi hier om ons; daar is net altyd iets om vas te vang.”

Malan het reeds op ‘n vroeë ouderdom ‘n liefde vir skilder gekweek, vanweë beide haar oumas wat ook geskilder het.

“Olieverf en terpentyn kweek steeds heimwee in my, want my ouma het daarmee geverf,” sê Malan.

Malan verkies egter om met akriel te skilder.

Elsabé Malan met een van haar kunswerke. Foto: Lezanne Steenkamp

“Die verskillende mediums het tog almal ‘n persoonlike gevoel, iets wat digitalisering in vandag se tyd eenvoudig nie het nie,” sê sy.

“Digitale kuns het steeds ‘n plek, maar daardie personal touch is net iets anders.”

Volgens Malan is die Laeveld bederf met kunstenaars. “Ek is werklik geïnspireerd deur die kunstenaars in die omgewing.”

LEES OOK: Nellies-leerder behaal tweede plek in nasionale kompetisie vir visuele kunste

Malan meen dat sy inspirasie in haar medekunstenaars se werk vind, juis omdat elke werkstuk verskil. Volgens haar staan elke kunstenaar in sy eie reg.

“Dit is belangrik om die subjektiwiteit in kuns te herken; jy kan nie oor mooi en oor lekker stry nie,” sê sy. “Alles is nie vir almal mooi nie en alles is nie vir almal lekker nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button