Local newsNews

Ribbetjie-eetkompetisie se finale ronde lok groot belangstelling

Die finale ronde van Terné’s Shack se ribbetjie-eetkompetisie het verlede naweek plaasgevind.

Agt finaliste wat die vorige naweek uit ’n groep van 60 deelnemers deurgedring het, het teen mekaar te staan gekom vir ’n eerste prys ter waarde van R20 000.

“Die kompetisie was gerig op hoeveel borde ribbetjies en tjips elke deelnemer in minder as ’n uur kon eet,” het Pieter Viljoen, eienaar van Terné’s Shack, aan Laevelder gesê.

Pieter Botha (naaswenner), Cobus Pretorius (wenner) en Johan van Dyk (derde plek). Foto: Lezanne Steenkamp

“Die eerste bord het 1 kg-ribbetjies bevat en vandaar het elke bord 500 g-ribbetjies bevat, natuurlik met tjips daarby.”

Die wenner, Cobus Pretorius, het met ’n kontantprys van R10 000 en geskenkbewyse ter waarde van R5 000 weggestap. Elke finalis moes ’n liefdadigheidsorganisasie van sy keuse uitsonder; Pretorius se keuse, Laeveld Akademie, het R5 000 ontvang.

“Die wenner en naaswenner was albei op hul vyfde bord voordat hul tyd verstryk het,” het Viljoen gesê. “Hulle het omtrent vir die beker geëet.”

Pieter Botha, naaswenner. Foto: Lezanne Steenkamp

Terné’s Shack, wat einde April sy deure amptelik geopen het, het weens die kompetisie groot belangstelling vanuit die gemeenskap gelok.

LEES OOK: Die Liedjieboer neem Laevelders op musiekreis

“Oor die 100 mense het die kompetisie bygewoon en selfs meer as dit het gebly vir die aand se vertoning,” het Viljoen gesê.

Die dag het op ’n hoë noot geëindig met Martin Bester en sy musiekgroep wat die gehoor vir twee ure vermaak het.

Werner Bosman, Hendrik Nel en Martin Bester. Foto: Lezanne Steenkamp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button