Laeveld-paartjie vier 60ste herdenking met naastes
Dié twee is vandag ses dekades bymekaar sedert hulle in 1961 getroud is. Hulle is in Machadodorp getroud en het hulsef daarna in Mbombela gevestig.
Na 60 jaar in die huwelik, wil Daan en Petro Botha se kinders hulle graag hartlik gelukwens. Een van hul kinders, Riaan Botha, vertel sy pa was ’n elektriese kontrakteur en het eers einde Februarie afgetree.
Ma Petro het deur die jare hulle huishouding behartig en was ook vir ’n wyle ’n eiendomsagent.
LEES OOK: Ribbetjie-eetkompetisie se finale ronde lok groot belangstelling
Afgesien van ’n paar operasies die afgelope paar jare, geniet beide nog goeie gesondheid. “Hul onwrikbare geloof in hulle Skepper is ’n mooi voorbeeld vir ons hele gesin,” het Riaan gesê.
Daan het op 17 Mei 84 jaar oud geword en Petro het haar 80ste verjaardag op 10 Mei gevier.
Met hulle drie kinders en ses kleinkinders, het hulle die afgelope paar dae tot en met die huweliksherdenking vrolik saam feesgevier.
