Local newsNews

IN FOTO’S: Die Liedjieboer neem Laevelders op musiekreis

Musieklegende Anton Goosen het die afgelope naweek sy gehoor by The Pub op ’n musiekreis geneem saam met Illimar Neitz op kitaar.

Die gehoor is meegevoer en sodra een van Goosen se meer bekende liedjies begin het, het gaste óf die dansvloer betree óf selfone na vore gebring om die optrede vas te vang.

Die plaaslike musiekgroep Dare to Believe het die gehoor gereed gekry vir Goosen se optrede met ou, bekende, lekker saamsingliedjies.

LEES OOK: Ribbetjie-eetkompetisie se finale ronde lok groot belangstelling

Een lid van die groep, Cashel O’Reilly, het genoem dat hulle al name soos Koos Kombuis voorafgegaan het, maar uit al die openinge vir kunstenaars was dié legende s’n een wat hulle definitief wou regkry.

Dit was ook die groep se eerste herdenkingsjaar sedert hulle Dare to Believe gestig het. Nes Goosen, is musiek ook in elke lid van Dare to Believe se bloed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button