Local newsNews
IN FOTO’S: Boeremark bied ietsie van alles
Die boeremark by Sonpark het hierdie naweek weer gesorg vir smaakvolle vermaak vir die hele gesin.
Anne-Mari en Tom Jacobie het beurte gemaak om treffers van alle genres te sing terwyl die markgangers aan pannekoeke en prego-rolle gesmul het, of oorweeg het om hul tuine se voorraad plante aan te vul.
LEES OOK: Elsabé Malan: ‘n Kunstenaar in eie reg
Verder was daar fyn draadwerk, gehekelde kledingstukke, Koreaanse kimchi, boeke, drankies en soveel meer.

Sommige stalletjie-eienaars se besonderse kreatiwiteit het na vore gekom in hul handgemaakte items, wat Laevelders nie sommer op enige ander plek sal teëkom nie.





















At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
