Skrywer Chris Karsten kuier op Kaapsehoop
As deel van die reeks intieme vermaaklikheidsgeleenthede wat Innibos hierdie jaar aanbied, was die skrywer Chris Karsten die afgelope Saterdag op die dorpie te sien.

Hier was hy in gesprek met Alita Steenkamp oor, onder meer, sy tweede nuutste boek Man uit die dode.
Hy het ook gesels oor van sy vorige boeke en karakters. Man uit die dode is aanvanklik in hoofstukke vrygestel wat aanhangers op Netwerk24 gedurende die inperking in 2020 kon lees.

LEES OOK: Elsabé Malan: ‘n Kunstenaar in eie reg
Karsten het verduidelik hoe dit ’n redelike uitdaging was.

Die boek moes nie net in die inperkingstyd afspeel nie, maar hy moes dit ook hoofstuk vir hoofstuk indien, met ’n beperking op die hoeveelheid woorde.
“Dit was ’n bietjie kwaai; ek hoop nie daar kom gou weer ’n inperking nie.”
Karsten was vir baie jare ’n joernalis voor hy ’n romanskrywer geword het. Hy sê die aanpassing van joernalis na skrywer was nie maklik nie.
LEES OOK: Ribbetjie-eetkompetisie se finale ronde lok groot belangstelling
Die antwoord op hoekom hy skryf was relatief eenvoudig: “Ek skryf want dit is vir my lekker. Ek lees al van kleins af, en uit lees het die behoefte ontstaan om te skryf.”

