Local newsNews

Innibos hou só die litte los vanjaar

Innibos Kunstefees woeker voort met ’n aantal opwindende projekte, al kan geen feesdatum weens Covid-19 nog aangekondig word nie.

Die projekte sluit ’n storieskryfkompetisie, boekbekendstellings, ’n skrywerslypskool, huiskonserte en ’n fees-in-die-kleine in samewerking met i’langa Mall, in.

Met die vooruitsig dat die Eisteddfod vanjaar weer gehou word, gooi bekende akteurs hul gewig daarby in met die aanbieding van verskeie Afrikaanse dramawerkwinkels.

Margit Meyer-Rödenbeck, Wynand van Vollenstee, Francois Jacobs en Adriaan van As gaan Eisteddfod-deelnemers touwys maak in van die fynere kunsies van die dramabedryf, soos projeksie, uitspraak, lyftaal en improvisasie.

Beplanning is ook reeds in volle swang vir Gaan Bos InniMall in samewerking met i’langa Mall, wat gedurende die winterskoolvakansie vanaf 23 Julie gaan plaasvind. Die program sluit onder andere kosdemonstrasies, kunsuitstallings, musiek, ‘n filmfees, teater, boekpraatjies en kindervermaak in.

’n Koronakielie met bekende komediante is ook op dié feestelike spyskaart, waarvan die volledige program binnekort bekend gemaak sal word.

Die baie gewilde Innibos-gholfdag in samewerking met Sunbake word weer vir later in die jaar beplan, en fondse hieruit sal aan die Innibos Onderwystrust geskenk word.

LEES OOK: Skrywer Chris Karsten kuier op Kaapsehoop

Innibos hou dus sommer deurlopend fees vanjaar, al moet dit dan so proe-proe gebeur, en in groot afwagting om weer voluit te mag gaan sodra dit toegelaat word.

Hou www.laevelder.co.za vir meer inligting oor Innibos aktiwiteite

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button