Brand jy om ’n storie te skryf of lê daar een in jou laai?
Skryf in vir die kompetisie, Innibos in samewerking met Huisgenoot, en slaan sommer die prysgeld van R5 000 met jou verhaal los.

Daar is kategorieë vir skrywers wat reeds gepubliseer het asook een vir ongepubliseerde skrywers.
Kortverhale kan in enige genre wees, maar onthou dat dit geskik moet wees vir publikasie in Huisgenoot en nie langer as 1 600 woorde nie.
Die verhale word anoniem deur kundiges beoordeel, en sou die wenverhaal geskik wees vir publikasie in die tydskrif, sal die skrywer ook daarvoor vergoed word.
Die sluitingsdatum vir die storieskryfkompetisie is 31 Julie.
LEES OOK: Skrywer Chris Karsten kuier op Kaapsehoop
Stuur ’n e-pos na skryf@innibos.co.za om ’n inskrywingsvorm aan te vra.
Vir woordvaardiges wat hul skrywerspenne wil slyp, word ’n skrywerslypskool later vanjaar in Kaapsehoop aangebied. Die datum van dié driedagkursus onder die leiding van verskeie kundiges sal later aangekondig word.
