Local newsNews
Nellies-leerder wen nasionale sangkompetisie
Ilané Smith, 'n leerder van Hoërskool Nelspruit, is op 11 Mei aangewys as die wenner van die seniorafdeling van die nasionale sangkompetisie, Kollig.
Ilané (16) is uit ‘n groep van omtrent 21 finaliste as die wenner van haar kategorie aangewys.
Die kompetisie is verdeel in drie kategorieë, waarvan ‘n wenner in elke kategorie, naamlik junior (sewe tot 13 jaar), senior (14 tot 18) en naskool (19 en ouer) aangekondig is.
Die wenners is aangewys na ‘n nasionale stemproses; die stemlyne is op 7 Mei gesluit.
Video: Ilané Smith sing Olivia Rodrigo se ‘All I Want’.
LEES OOK: Nellies-leerder behaal tweede plek in nasionale kompetisie vir visuele kunste
“Dit was ongelooflik, ek het nie gedink ek gaan wen nie,” het Ilané gesê.
“Ek sal iewers in Julie my musiekvideo – wat deel vorm van my prys – verfilm.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
