Local newsNews

Innibos moedig kreatiewe hande aan om hul kunswerk in te skryf

Innibos Kunstefees woeker voort met ’n aantal opwindende projekte, al kan geen feesdatum weens Covid-19 nog aangekondig word nie.

Kunstiges kan ook reeds inskryf vir die Innibos Nasionale Handwerkkunskompetisie met ’n totale prysgeld van R165 000.

Handwerkkuns vir die toekennings kan geskep word van keramiek, krale en draad, hout, papier, geweefde materiale, kwiltwerk, leerprodukte, glaswerk, borduursels en gemengde media.

’n Onafhanklike paneel sal die inskrywings beoordeel, en die virtuele prysuitdeling en uitstalling is in September vanjaar.

LEES OOK: Skrywer Chris Karsten kuier op Kaapsehoop

Om in te skryf is maklik:

Neem ’n foto van die produk met ’n vuurhoutjieboksie daarby om die skaal aan te dui, en stuur dit per e-pos na crafts@innibos.co.za of stuur dit bloot per WhatsApp of MMS na 071-621-3597.

Onthou om jou naam, stad of dorp sowel as kontakbesonderhede in te sluit.

Inskrywings is gratis en die sluitingsdatum is Vrydag 13 Augustus.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button