Local newsNews

Huis Betlehem ontvang as begunstigde R10 000 na tweede Innibos In jou huis-konsert

Die Innibos In jou huis-konsert is ‘n maandelikse instelling in samewerking met kykNET en 100.5FM, en het reeds in Maart afgeskop met Jo Black.

In April was Refentse Morake aan die beurt en het hy Sarel en Leanda Cilliers se gaste vermaak. Saam met hulle nabye vriende is daar groot makietie in die Bateleur-restaurant gehou.

‘n Bedrag van R10 000 is aan Huis Betlehem, die organisasie wat die gasheer en -vrou genomineer het as begunstigde, op 25 Mei oorgehandig. Hierdie geld sal gebruik word om die goeie werk wat Huis Betlehem doen, voort te sit.

“Huis Betlehem lê ons na aan die hart,” het Leanda gesê. Met hierdie konsert wat deur kykNET geborg is, het Innibos nie net werk aan ‘n sanger en sy kitaarspeler verskaf nie, maar is daar ook in die gemeenskap teruggeploeg.

LEES OOK: Lewenslange Laevelder oorlede

Die konserte word regstreeks deur 100.5FM teen 19:00 uitgesaai, en elke gasvrou en -heer skenk die toegangsgeld aan ’n liefdadigheidsorganisasie van hul keuse, waaronder CANSA, Huis Betlehem, Dasha, Pro Gratia-skool en die Teaterbystandsfonds.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button