Local newsNews

Lewenslange Laevelder oorlede

Steve Maritz, ’n lewenslange Laevelder, is Maandag 24 Mei oorlede.

Die eiendomsagent is aan hartversaking, wat glo deur Covid-19 veroorsaak is, oorlede.

Hy laat sy vrou, Judith, en drie kinders, Mindi, Kolette en Stefan, na. “Hy was baie goed vir my en baie lief vir sy kinders,” sê Judith.

Die egpaar sou in Augustus hul 10de huweliksherdenking gevier het.

Steve is in Mbombela gebore en getoë, en het by Hoërskool Nelspruit matrikuleer. Hy het eers by Sanlam gewerk, waarna hy die eiendomsmark, veral plase en plotte, betree het.

LEES OOK: Bekende Afrikaanse akteur dood aan Covid

Hy het Mbombela vir ’n wyle verlaat om in Sabie te gaan woon, maar het teruggekeer na sy tuisdorp.
“Hy was ’n Laevelder van formaat,” sê Judith.

Die laaste drie jaar van Steve se lewe was moeilik, vertel sy. “Ons is aangeval op die plaas, hy het sy rug seergemaak en moes ‘n operasie ondergaan. Maar hy het probeer om aan te gaan.”

Judith en Steve het ’n rustige lewe op die plaas geniet. Om dié rede sal ’n klein gedenkdiens dié naweek daar plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button