Speelgroepie hou nodige fondsinsameling
Bennie Boekwurm Speelgroep in Mbombela verander elke wurmpie in ‘n selvoldaande vlinder wat die wye wêreld kan aandurf.

Die kleuterskool hou jaarliks ‘n kermis vir fondsinsameling, en die fondse word aangewend vir instandhouding van die skoolgronde en -geboue, asook die aankoop van nuwe opvoedkundige speelgoed. Die instandhouding en opgraderings is noodsaaklik om die veiligheid van die kleuters in die speelgroep te verseker.
Sedert 2020 kon die kermis as gevolg van al die uitdagings met die Covid-19-pandemie nie plaasvind nie. Ongelukkig is 2021 nie veel meer tegemoetkomend nie, en kan die kermis steeds nie plaasvind nie.
Die speelgroep hou dus nou ‘n hamburger-deurry om die nodige fondse in te samel.
Eulalia Jordaan, die skoolhoof, moedig die gemeenskap aan om bestellings te plaas of skenkings te maak.
LEES OOK: Hoërskool Lydenburg maak sy eeufeesplanne
Bestellings kan teen 30 Junie by die skool self geplaas word, of kontantbydrae kan in die rekening betaal word: Rekeninghouer: E Jordaan, bank: Absa, tjekrekening, rekeningnommer: 4081763308.
