Local newsNews

Hoërskoolskut verwerf gesogte platinumstatus

Dis verskeie ervare jagters se droom om platinumstatus te verwerf. 

Dis verskeie ervare jagters se droom om platinumstatus te verwerf. Die 17-jarige Xander van Eck, ‘n gr. 11 leerder van Hoërskool Lydenburg, het dié mikpunt bereik. Hy het van 18 tot 20 Junie deelgeneem aan die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJW) Presidentskiet by die Mopanietak in Phalaborwa.

LEES ook: Vragmotorkapings neem kommerwekkend toe | Lowvelder

Hy het die eerste plek behaal in junior drukluggeweer o/18, eerste junior randslag, eerste junior in die presidentskiet, tweede algeheel in die junior- en seniorafdelings en tweede plek in die International Gallery Rifle Federation (IGRF) Limited Bolt Action ope-afdeling. Boonop het hy ook in die seniorspan deelgeneem en eerste plek in die intertakspan losgeskiet. Xander deel al van kindsbeen af sy pa, Kruger van Eck, se passie vir jag en wapens. Hy het ‘n natuurlike aanvoeling, liefde en respek vir wapens. Beide is lede van die plaaslike SAJW Bosboktak. Hy het ook in 2019 weggestap met ‘n goue medalje by die IGRF se wêreldkampioenskappe en was deel van Suid-Afrika se internasionale span. Hy is uitgenooi om aan die nasionale SAWJ Kampioenskappe in September deel te neem.

Lees ook: Vuurwarm wedstryd vir Ratels en Rooikatte

In aksie by die presidentskiet in Phalaborwa.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button