Local newsNews

Geliefde Laeveldse sakeman, Fred Kinnear, oorlede

Kinnear, die eienaar van Canary Walk, is Saterdagmiddag, 12 dae na sy vrou Hannetjie, oorlede.

Bekende Laeveld-sakeman, Fred Kinnear, het na byna twee weke in intensiewe sorg, sy stryd teen Covid-19 verloor.

Kinnear, die eienaar van Canary Walk, is Saterdagmiddag, 12 dae na sy vrou Hannetjie, oorlede.

Hy sal onthou word as ’n toegewyde sakeman, entrepreneur en filantroop.

Hannetjie en Fred was bekend vir hul barmhartigheid en werk in die gemeenskap, van bejaardes tot kinders. Die bokke by Hannah Lodge het selfs reageer op Fred se vriendelike roep.

Die egpaar was ware leiers in die gemeenskap en was rolmodelle vir meer mense as wat hulle besef het.

Alhoewel Fred ’n ernsitge sakeman was, was hy ook bekend vir sy kenmerkende uitbundige lag, stories en grappe.

Die familie vra dat vriende in plaas van blomme, eerder ‘n bydrae maak tot Fred se gemeenskapstrust.

Immanuel Trust
ABSA Bank
Rek nommer 406 1787 001
Tak 632005

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button