Bulle geskiet, R50 000 beloning vir skuldiges
Die beloning is uitgeloof vir inligting wat lei tot die skuldigbevinding van boosdoeners wat drie Chianina langs die R38 naby die Vygeboomdam van kant gemaak het.

Die bulle, met ’n geskatte waarde van R850 000, is deur vleisdiewe geskiet en in die veld waar hulle gewei het, geslag. Die eienaar, Christiaan de Jager, sê hulle was deel van ’n trop wat hy vir ’n veiling gevoer het.
Die trop loop op die plaas Vygeboom langs die R38 Badplaas-pad. Hy het reeds ’n aanbod van R300 000 vir een van die bulle ontvang.
ALSO READ: Rehab project makes river a fly-fishing haven
Vleisdiewe het drie bulle uit die trop geskiet, maar net twee se vleis gevat en die derde se karkas net so gelos.
Die vel en binnegoed is al wat van die peperduur bulle oor is. Die bulle is almal van ingevoerde embrio’s.

Chianina is ’n grootraam- Italiaanse beesras wat vir vleis geteel word. Inligting kan aan De Jager by 082 569 3359 verskaf word.
