Local newsNews

Die Longtom fotograwe haal uit en wys

Die Longtom Fotografieklub se fotograwe het weer eens vir die Junie-kompetisie hul kameras ingespan om unieke foto's te neem.

Die Longtom Fotografieklub se fotograwe het weer eens vir die Junie-kompetisie hul kameras ingespan om unieke foto’s te neem.
Die wenner in die voorgestelde onderwerpkategorie was Heather Aspeling met ‘n foto van haar bure se dogter, Amy Lotter (9), op ‘n fiets. Marthinus du Plessis het die mono-afdeling (swart-en-wit) gewen met sy foto van ‘n resieskar tydens ‘n Formula 1-resies in Doebai.

In die ope-afdeling kan ‘n fotograaf enige foto inskryf. Heather Aspeling het die afdeling gewen; sy het ‘n foto geneem waar sy met lig gespeel het. ‘n Gekleurde lig of klein liggies word in ‘n donker vertrek aangeskakel en met ‘n baie stadige sluiterspoed word die interessante patrone wat die lig weerkaats, vasgevang. Om by die klub aan te sluit, skakel Lize Maritz by 083 279 7797.

Heather Aspeling het met gekleurde ligte in ‘n donker vertrek gespeel om hierdie foto te neem.
Marthinus du Plessis het die mono-afdeling (swart-en-wit) gewen met sy foto van ‘n resieskar tydens ‘n Formula 1-resies in Doebai.

Lees ook: Trofee in modder gevind 20 jaar na Lydenburg se groot vloed

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button