Local newsNews
Vrouemaand gevier met ‘n keuse van die werk van Esther Caripis
Vroeër was sy bloot ‘n naweekbesoeker met ‘n plekkie in Marlothpark, maar die Laeveld het in haar bloed beland. Uiteindelik het Esther Caripis die stof van die Rand finaal afgeskud en haar voltyds hier kom vestig.
Sy spits haar toe op wildfotografie – meestal in die Nasionale Krugerwildtuin, maar dit is die klein besonderhede van die bos en sy bewoners, dikwels op eie werf, wat meestal vir die mooiste foto’s sorg.

Wat altyd tref is die eenvoud van die detail wat sy met die lens gaan haal en nader aan die oog bring. Ook die droeë wintermaande in die bos word in hierdie foto’s van haar ervaar.

Haar treffende foto’s word gereeld in Corridor Gazette gesien en sy is nie skugter om dit op sosiale media te deel nie.
ALSO READ: Só hanteer ons ‘n slang





Corridor Gazette vier hierdie week Vrouedag met ‘n keuse van Caripis se werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
