Local newsNews
IN FOTO’S: Boeremark bied ’n ietsie van alles
Beide versnaperings en tierlantyntjies van allerlei soorte was aan die orde van die dag by híérdie ronde van die Sonpark Boeremark.

Laevelders was vroeg reeds aan die gang om hulle aandeel in pannekoek, tameletjie, vrugte en nog meer op te raap.
Met ’n eetdingetjie in die hand kon die mense dan rustig verder deur die stalletjies beweeg, en enigiets van aloe vera-produkte en T-hemde tot haarrekkies en boeke koop om saam met hulle huis toe te neem.
LEES OOK: Skaars poskaart van Komatipoort kom in Nederland te voorskyn
Die volgende mark is vir 4 September gereël en is nie iets wat misgeloop behoort te word nie.














At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
