IN FOTO’S: Bokspronge van geluk toe SA rugby wen
Die spanning onder die ondersteuners by Jock Pub and Grill was verlede Saterdagaand tasbaar toe die Springbokke in die laaste van drie wedstryde die Britse en Ierse Leeus aangepak het.

Die ondersteuners was reeds van vroeg af vasgenael voor die Jock se televisies, gereed vir die aksie wat om 18:00 afgeskop het.
Soos dit ’n kranige rugbyondersteuner betaam, het die skeidsregter deurentyd onder die kritiek deurgeloop wanneer die Bokke gestraf word.

Dit was egter ’n gejuig van stemme, omhelsings tussen vreemdelinge en vuiste omhoog toe die eindfluitjie blaas, met Morné Steyn se drie punte wat die wedstryd beklink het.
LEES OOK: Só hanteer ons ‘n slang
Die eindtelling was 19–16 in die Bokke se guns. Die mense is vrolik met gimlagte van oor tot oor huis toe.


Een van die luidrugtigste ondersteuners, Migaul Geldenhuys, het gesê dit was vir hom asof hy sy eie goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het.
LEES OOK: Vlooimark bekoor ieder en elk
Die oomblik was só groot, hy en sy vriend, Marco Vinhas, het bo-oor die reëlings van die dek gespring om hul ekstase met medetoeskouers te deel. Hier is ’n paar foto’s van die ondersteuners.











