Local newsNews

Ondernemings uitgedaag om by te dra tot bejaardes se kospakkies

Die Kiepersol Woonstelle vir Bejaardes is onder kwarantyn geplaas na ’n inwoner positief vir Covid-19 getoets is. Wings of Gratitude, ’n organisasie sonder winsoogmerk, het ingespring toe hulle van dit te hore gekom het.

Daar is met die hulp van sakeondernemings binne ure R7 500 vir 21 kospakkies ingesamel. “Behalwe die anonieme skenker, wat ook kontant aan elke inwoner geskenk het, het C&C Autobody alle maatskappye uitgedaag om hul skenking te troef. Daar is baie meer bejaardes en behoeftiges om te help,” het Toinette Finley-Keel, die direkteur van Wings of Gratitude gesê.

Lorinda Kapp besig om die inkopies te doen vir Kiepersol.

Die bestuur van die woonstelle het Vrydag 13 Augustus verneem dat een van die inwoners positief vir Covid-19 getoets het. As gevolg hiervan mag niemand die terrein vir twee weke verlaat nie. Kiepersol huisves bejaardes wat steeds onafhanklik vir hulself sorg en die woonstelle word deur die munisipaliteit onderhou en uitverhuur. Lorinda Kapp, die mededirekteur van Wings of Gratitude, het saam met Finley[1]Keel op noodgroepe vir hulp gevra. Die pakkies kos is Dinsdag 17 Augustus by Kiepersol afgelewer, met vleispakkies ingesluit. Wings of Gratitude bedank ook namens die bejaardes die publiek vir al die kontant[1]en kosskenkings. Skakel Finley-Keel by 072 680 2434 of Kapp by 071 944 1175 om tot die projek by te dra.

Lees ook: As daar chenin geskink word, moet ‘n mens groen sien

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button