Skole onderskraag mekaar vir eindeksamens
Bertus Steyn, die adjunkhoof van Hoërskool Nelspruit, het die Cyril Clarke Sekondêre Skool sowat 'n week gelede besoek om hul matriekleerders moed in te praat vir die komende eksamens.
Beide die rekord- en eindeksamen is om die draai vir matrieks, ten spyte van al die uitdagings wat 2021 vir hulle ingehou het.
Cyril Clarke se skoolhoof, TC Masondo, het dit goedgedink om die leerders op koers te kry met ‘n bietjie motivering.

Steyn het met die groep leerders gesels oor handige wenke om te gebruik wanneer hulle studeer, en oor wyshede soos hoe belangrik dit is om jouself te omring met vriende wat jou kan bemoedig en ondersteun.
ALSO READ: Druk op stadsraad verhoog ná rou riool steeds vloei
Steyn het gesê van NHS se kant af hoop hulle dat elke leerder gedurende hierdie tyd gesond sal bly en tot die beste van sy of haar vermoë die eksamens sal aflê.
