Local newsNews

Gaan BOS InniMALL: Saterdag opsomming

Hier is ‘n opsomming van vandag se Gaan BOS InniMALL hoogtepunte.

KYK: Susan Coetzer kuier ’n uil uit ’n ysbos by Innibos

Die uil in die ysbos het sy sprokieagtige bestaan, saam met sy hoofkarakter, Gracie, gedurende die aanvanklike pandemietydperk uit Susan Coetzer se pen gehad. Coetzer was op 25 September by i’langa Mall se Doppio Zero te sien vir die bekendstelling van dié roman as deel van hierdie jaar se Gaan Bos inniMall.

Lees meer hier.

Oskar en die pienk tannie: ’n almal-in-een deur Sandra Prinsloo

Dis nie aldag wat Laevelders (en dié wat van ver gereis het) die kans kry om meer as 10 karakters, meesterlik deur een aktrise vertolk, te leer ken nie. Sandra Prinsloo was nie net die 10 jarige seuntjie met kanker, Oskar, nie, maar ook ouma Rosa (die pienk tannie) wat hom help grootword binne twaalf dae. Daarby was almal anders, van hospitaalpersoneel tot Oskar se ouers, en ook sy vriende in die hospitaal, Braaivleis, Popcorn en Einstein.

Lees meer hier.

Marinda kook maklik en uit die hart

Marinda Engelbrecht het ’n kookboek geskryf met die doel om kosmaak vir mense makliker te maak. Tydens die boekbekendstelling by Gaan Bos inniMall het sy verduidelik wat haar geïnspireer het om die boek lewe te gee. Haar dogter het haar eens gevra hoe sy iets maak. Engelbrecht sê toe vir een stap in die resep gooi sy drie skote worcestersous in, waarop haar dogter toe antwoord: “Maar hoeveel is Ma se drie skote?”

Lees meer hier.

Schalk sing sleg en spaar niemand

Schalk Bezuidenhout en sy band het het gesorg vir meer as genoeg humor in Ster-Kinekor se teater 4 vroeër vandag, 25 September. Die vertoning, Schalk sing sleg, verkoop geen leuen in die titel nie, soos Bezuidenhout self ook vir die gehoor gesê het. Dink só daaraan: ’n komediant wat sy grappies sing, maar effe van noot af.

Lees meer hier.

Elvis Blue and the Sweet Dreamers Marimba Band rock the Lowveld at Gaan Bos inniMall

 

The last day of Gaan Bos inniMall saw Lowvelders coming in droves to enjoy the last few performances and shows the event had to offer. Elvis Blue, who rose to fame in 2010 after winning Idols SA, performed for an enthusiastic audience outside the i’langa Mall’s entertainment entrance at 13:00 on Saturday, September 25.

Read more here.

Last day of Gaan Bos inniMall draws big crowds to i’langa Mall

With artists such as Ross Learmonth of Prime Circle, Refentse and Coenie Naudé bringing Gaan Bos inniMall this weekend to a conclusion, scores of people from across Mbombela came to experience the Lowveld’s favourite festival, Innibos, at i’langa Mall.

Read more here.

 

LEES OOK: Gaan Bos inniMALL: Donderdag opsomming

LEES OOK: Gaan BOS InniMALL: Vrydag opsomming

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button