Local newsNews

NHS se graadtwaalfs glansryk by matriekafskeid

Die tema van die matriekafskeid was "tyd" en die venue is met horlosies en ander elemente wat dié tema weerspieël, versier.

Hoërskool Nelspruit se graad 12-leerders het swierig gelyk by dié skool se matriekafskeid op Donderdag 30 September.

Ruben Grundlingh en Naomi van der Nest. <br />> Foto’s: Verskaf
Christian Rheeder en Nicci Viljoen.

Die matrieks het eers met luukse motors by die skool aangekom, waar hul ouers ook kon kyk hoe glansryk hulle lyk. Daarna is hulle met Buscor-busse na Kwanyoni Lodge vervoer, waar die spoggerige geleentheid aangebied is.
Die tema van die matriekafskeid was “tyd” en die venue is met horlosies en ander elemente wat dié tema weerspieël, versier.

Die ma’s van die skool se gr. 11-leerders was verantwoordelik vir die dekor en opmaak van die onthaal.

Theo Mogale en Amenda Bunting.
Kara Viljoen en Christiaan Gates.

ALSO READ: Mediclinic participates in vaccination drives

Soos oudergewoonte het Kwanyoni Lodge watertanddisse voorgesit en die matrikulante het gesmeul aan soesji en Chinese rolletjies vir voorgereg. Die hoofgereg is voorgesit in buffetstyl en die leerders kon kies tussen ‘n verskeidenheid slaaie.

Gabi van der Merwe en Henru van der Merwe.
Die leerders het soesji en Chinese rolletjies as voorgereg geniet. > Foto: Kwanyani Lodge/Facebook

Die mense kon nie uitgepraat raak oor hoe spesiaal Hoërskool Nelspruit en Kwanyoni Lodge die aand vir die graadtwaalfs gemaak het nie. Die geleentheid is deur sowat 240 leerders bygewoon.

Carla Mouton en Marshall van Eysen.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button