Local newsNews

Ma droom van huis vir dié met spesiale behoeftes

Teresa Coertzen se droom is nog presies net dit; vir nou is daar egter ander behoeftes waaraan sy aandag moet gee. Sy is dankbaar vir elkeen wat haar en Jordan (haar agtjarige seuntjie met serebrale verlamming) tot dusver bygestaan het, maar hulle het steeds verdere hulp, finansieel en andersins, nodig.

Teresa Coertzen is die ma van ‘n agtjarige seuntjie, Jordan, met serebrale verlamming.

Haar droom? Om die situasie van enkelma’s soos sy te vergemaklik deur vir hulle ‘n veilige hawe te skep.

Sy erken dat die droom wel tyd sal vat om te verwesenlik, maar dat dit ‘n begin sal wees om solank mense bymekaar te kry wat bereid sal wees om die inisiatief te ondersteun en te befonds.

Teresa Coertzen en haar seuntjie, Jordan Fitzgerald.

Ter voorbereiding het sy en Jordan onlangs besoeke aan tehuise en ‘n skool vir kinders en volwassenes met gestremdhede in Pretoria en Johannesburg afgelê sodat sy kon sien hoe personeel by hierdie plekke elke dag aanpak.

Coertzen beplan om nog sulke besoeke in ander provinsies af te lê, maar benodig borge om die reis te ondersteun.

ALSO READ: Here’s how to get your vaccine certificate

Behalwe vir wat sy dalk op sulke uitstappies kan leer, sê sy om vriende te maak by sulke plekke kan ook in die toekoms waardevol wees as sy dalk haar eie tehuis op die been kan kry.

Teresa Coertzen en haar seuntjie, Jordan Fitzgerald.

Verder wou Coertzen graag almal wat haar tot dusver gehelp het om na Jordan om te sien, bedank. “Ek dink dit is die Here wat met mense se harte werk.”

Alhoewel sy tot op hede so baie hulp ontvang het, hou die nood egter nie op nie. Sy sê omdat sy 24 uur per dag na Jordan moet omsien, kan sy nie óók werk nie.

Enigiemand wat haar dalk kan help met ‘n skenking van kos, volwasse doeke of fondse waarmee sy Jordan se mediese kostes kan betaal, kan haar by 060 719 1947 kontak.

Besoek die Facebook-blad Jordan’s Journey om meer oor hierdie seuntjie se reis te leer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button