Local newsNews

Langnaweek beteken groot sakebedrywighede vir vlooimark

Die Henk van Rooyen Park se vlooimark het die afgelope langnaweek op Saterdag 25 September die inwoners, toeriste en selfs besoekers van ander dorpe aangenaam verras met die groot hoeveelheid stalletjies.

Met meer as 50 stalletjies oor die veld versprei was daar alles beskikbaar van kos en drankies tot speelgoed en kreatiewe kuns; ‘n wye versameling wat alle begeertes en behoeftes kon dek.

Ron Donachie en Rosemary Muldoon van Marlothpark se ereveldwagters.

“Al die stalletjiehouers was soos altyd vriendelik en behulpsaam, en het mekaar en die nuwe stalletjies op die warm dag ondersteun. Ons is soos ‘n groot familie,” het Vanessa Schoeman, die organiseerder van die vlooimark, gesê.

Annemarie Cronje. Foto’s: Jeannie Strauss

“Ons het ongelooflik baie mense die naweek ontvang, en ons kon nie vir beter ondersteuning vra nie. Almal het die dag geniet. Ons sien uit om weer die vlooimark te hou,” het Jeannie Strauss, die bestuurder van die Henk van Rooyen-oord, gesê.

LEES MEER: Nuwe kameras help om die Malalane-omgewing te beveilig

Die vlooimark vind op die eerste Saterdag van elke maand plaas, maar met die langnaweek kon dit nie eenkant toe gestoot word nie.

Minette en Jan Dreyer.

Die geleentheid was geskep vir plaaslike mense om inkomste te verdien met hulle harde werk, of dit nou kos, ingelegde produkte, koekies, handewerk, kuns of enigiets kreatief was.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button